Verspeelde Tyd from Verspeelde Tyd by VleesAnker
Tracklist
| 3. | Verspeelde Tyd | 9:12 |
Lyrics
versteende woud
‘n kontras in die woestyn landskap
die beendere van verspeelde tyd
wonde self toegedien
spoel oor op dorre aarde
klokke se binnegoed
vasgeroes in leë ewigheid
kinetiese armoede
stowwerige onenigheid
bodem van klei
ondeurdringbaar
eis stukrag
bewende vingers vind groewe van weerstand
spiere wat al jare wegkwyn
hyg in middernagson
‘n halwe lyk is ontgin
gade geslaan op oranje horison
klompvoet
skuifel
sleep
na redding
die ryk se vaal kleure pas nie meer nie
verafsku deur die koninklikes
jy lyk nie soos jou fotos nie
net die ander lyke verstaan
grys soos ou hout
tande vir jare verstomp op klip
vaal rooi verskyn weer onder ou vlees
gees keer terug na sy houer
nalate gee rede
Credits
from Verspeelde Tyd,
released December 16, 2021








