🔗 ⚙️

Spieël by Reets

Tracklist
1.Spieël4:13
Lyrics

Kindjie

Die sirkels van ons verlede
Die twis ‘n verhaal wat die skakels in ‘n spiraal draai
Heg ons van ver terug tot in die hede
Vorm die ou bekende kettings wat ons so verraai

En weet jy jou wonde word wapens geslyp
Deur jare se onderdrukte verwyt
Te lank leef ek in die skudu
Van koue jaloesie
En ek verwerp myself
Oortuig dit sou jou help

Jy speel spieeltjie aan die wand
En maak so van my vyand
Maar daardie spieel is in jou hand
Sien jy die kind aan die anderkant
En ek ken goed daai kind se seer
Ek wou haar tog so graag genees
Maar ek het ook ‘n kind
Diep binne in
Ek moet by haar begin

Die labrint van die lewe
Soms gekantel soos daai storie in ‘n bos
My bewuswording van ongesonde patrone
Breuk so die boeie om ons beide te verlos

My ou gewoonte om skuld te aanvaar
Ondermyn die waarheid om vrede te bewaar
Nou hou jy jouself stom vir maande aaneen
Oor ek die stof onder die mat uit vee
Ja ek soek ware versoening
Maar jy voel steeds ingedoen en
Bloed is dikker as water maar
My geluk is dikker as bloed

En jy speel spieeltjie aan die wand
En maak so van my vyand
Maar ons verhoudings reflekteer
als wat ons nog in die leeftyd moet leer
En nous die spieeltjie aan die brand
En dit is tyd om te laat gaan
Soms stel die keuses wat ons moet neem
Die mense wat ons die liefste het, teleur.
Ek kies waarheid. My waarheid.

Fluit, fluit X 2

Credits
released February 20, 2023
Lyrics, composition, guitar & vocals by Reets
Recording, Mixing & Mastering by Jo Ellis
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations