🔗 ⚙️

Bergvergadering from Ontaard by Pieter Madibuseng Odendaal

Tracklist
6.Bergvergadering4:21
Lyrics

eendag het die berge hul rotswortels
losgewikkel en begin loop
sommiges het glad uit die grond geglip
ander het stede saamgesleep

hul byeenkoms in Peru
is deur die water oorvertel
sodat alklip reeds
van die ontmoeting geweet het

Apu Pitusiray het die Heilige Vallei
vir hul aankoms voorberei
Apus het ’n vlakte oopgevou
die Vilkanota het nadergeseil

die Himalayas en Alpe het afvaardigings gestuur
Hoerikwaggo en Kilimandjaro is ingeroep
konsultante uit die Kaukasus …
’n hand vol werwels uit die Cordilleras …

die sametrekkers het hul pad oopgekloof
en oseane rondgegooi
kielwaters het kusstede verspoel
mense soos anchovies verstrooi

die bergtrop het vermeerder
hul droogte by die Vilkanota geles
en langsamerhand neergeploeg
hul lywe het die skemer volgesit

toe die son vergaan is die offer aangesteek
die brandstof het hulle self geskenk:
bosse en huise en velde en landerye
alles wat ontvlam en na verwoesting ruik

die pieke het saamgedrom
om die hitte teen hul yskoppe te voel
die oerstorie van vertering
het in hul grot-oë gedans

die gehuil in hul klipskote het aangegroei
hulle het gedreunsing in die akoestiek van klowe
die aarde het vir oulaas gebewe nes die dag
toe die eerste berg uit die see gerys het

die grondgesante het gaan slaap
in die donkerdag opgestaan
hul roet afgeskud, mekaar se groete geëggo
en die stiller tog huis toe aangepak

(c) Pieter Madibuseng Odendaal, Ontaaard, Tafelberg

Credits
from Ontaard, released May 5, 2025
Written, performed and produced by: Pieter Madibuseng Odendaal.
Singing vocals and uhadi: Odwa Bongo
Double bass: Luke Verrezen
Piano: Pieter Madibuseng Odendaal
Co-producer: Sonic Nursery Sound Studios, Cape Town.
Final mix and mastering: Dolf Lombard, Sonic Nursery Sound Studios, Cape Town.
Recording: Ruan Vos and Dolf Lombard, Sonic Nursery Sound Studios, Cape Town.
Creative Consultant: Jorge Alejandro Ccoyllurpuma
Artwork: Slovo Mamphaga
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations