🔗 ⚙️

Net Woorde from Gees by Die Wolf Projek

Tracklist
1.Net Woorde4:00
Lyrics

So veel soos die plankton in die see
en nog meer is die geskenk aan jou gegee
so veel bome op die aarde is
so veel woorde is te min
om te beskryf wat dit is
om te wys hoe groot
Haar barmhartigheid is

En as ek ‘n lelie in die velde sien
of ‘n blou skoenlapper wat klap-klap
in die stilte van die dag
voel ek Haar krag

meer druppels as die see
is Haar Name gegee
in die donker nag is Sy Luna
en Haar een oog skyn op elke siel
in die skemer is Sy Venus ster
en al is hemelsver
lei Haar teenwoordigheid my
onder my voete is Sy nederig
Moeder Danu waarop ek loop
en sy is oral-teenwoordig
Sy is lewe en alles vir my

die is net woorde
en ek wens almal kan sien
ek se maar net nederig
en probeer my hart uit rym
want die Godin is groter as ek
en ek is maar net klein
in haar teenwoordigheid

© 2014 allen simpson

Credits
from Gees, released October 24, 2024
Sangeres: Leah van Rensburg van Vocal Theatre
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations