Raak Wys from Dwaalvuur by Anton L'Amour
Tracklist
| 5. | Raak Wys | 4:53 | 
Lyrics
as die vlamme om jou brand 
en al die fone is beset
as die laaste taxi weg is
sal jy rol met wat jy het
as die dice voor jou val 
altyd vir of teen gebed
sal jy pa staan vir die stene 
en rol met wat jy het
raak wys, mano a mano met die beat en die bass 
die seën van die naald is reeds in die groef
die seën van die naald, die seën van die naald 

die dans is altyd reeds in die groef

as jy altyd sit en wonder
is dit vir of teen ʼn wet?
sal jy heeltyd op die draad sit 
of rol met wat jy het
as jy voor die poorte staan 
is jy geweier of gered?
en hoe die bane loop
is hoe jy rol met wat jy het
raak wys, mano a mano met die beat en die bass 
die seën van die naald is reeds in die groef
die seën van die naald, die seën van die naald 
raak wys, mano a mano met die beat en die bass 
die dans is altyd reeds in die groef
die seën van die naald, die seën van die naald
raak wys, mano a mano met die beat en die bass 
die seën van die naald is reeds in die groef
die seën van die naald, die seën van die naald 
raak wys, mano a mano met die beat en die bass 
die dans is altyd reeds in die groef
reeds in, reeds in
Credits
David Klassen: drums, percussion
Concord Nkabinde: bass
Marcus Wyatt: trumpet
Lani Pieters: backing vocals
Anton L’Amour: vocals, guitars, keys