🔗 ⚙️

Incognito from Dwaalvuur by Anton L'Amour

Tracklist
3.Incognito3:43
Lyrics

rooi is ʼn vuur wat die land kan brand
blou is ʼn vlam wat daarvan hou
rooi is ʼn man wat by ʼn vurk in die pad staan
en blou is ʼn vrou wie hy wil hou

vlieg incognito
as jy jou kop op jou skouers wil hou
anoniem onder die radar
vlieg incognito
as jy jou vlerke in die lug wil hou
onsigbaar onder die radar

maar rooi het die lyn oortree, hier en daar, meer en meer
blou is die vrou wie hy wil hou
rooi is die man wat die pote kan pypkan en
blou is die vrou wat daarvan hou

vlieg incognito
as jy jou kop op jou skouers wil hou
anoniem onder die radar
vlieg incognito
as jy jou vlerke in die lug wil hou
onsigbaar onder die radar

diekant van die spoor is die pad oop voor
daaikant van die spoor begin jy oor
diekant van die spoor kan jy bou en stoor
daaikant van die spoor sal jy als verloor

Credits
from Dwaalvuur, released March 2, 2023
David Klassen: drums, percussion
Concord Nkabinde: bass
Lani Pieters: backing vocals
Anton L’Amour: vocals, guitars, keys
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations