🔗 ⚙️

Dwaalvuur from Dwaalvuur by Anton L'Amour

Tracklist
1.Dwaalvuur5:08
Lyrics

'n sagte voetval in die nag
ʼn ou vriend wat onverwags opdaag
die stories loop van elke streek
en ons buig die ure tot die dag breek

die kettings val weg, die skille dop af
ons sit in die ritme van ʼn hartklop
hyʼs ʼn feniks in die lug
ʼn salamander aan die gang

dwaalvuur ken geen grense
dwaalvuur hardloop met die wind en die weer
dwaalvuur, wie wil vlam vat, wie wil vlam vat
dwaalvuur se dans maak seer
dwaalvuur hardloop met die wind en die weer
dwaalvuur, wie wil vlam vat, wie wil vlam vat

ʼn sonstraal val in die groef
reg op die plek waar die donker vertoef
wys die slaapwandelaar wat heeldag probeer
heeldag probeer om sy kop aan te skroef

in dissonansie se hart is ʼn reine geluid
die kringe in die tydlyn sing uit
agter die sluier is ʼn beautiful bruid
en die die kringe in die tydlyn sing uit

dwaalvuur ken geen grense
dwaalvuur hardloop met die wind en die weer
dwaalvuur, wie wil vlam vat, wie wil vlam vat
dwaalvuur se dans maak seer
dwaalvuur hardloop met die wind en die weer
dwaalvuur, wie wil vlam vat, wie wil vlam vat

Credits
from Dwaalvuur, released March 2, 2023
David Klassen: drums, percussion
Concord Nkabinde: bass
Lani Pieters: backing vocals
Anton L’Amour: vocals, guitars, keys
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations